Studiestukke

Maandag, 01 Februarie 2010 00:00

F.I.F.A. DESEMBER PREEK

Written by Ds Jan Heenop

JY IS DIT WAAROP JY FOKUS

1.    …jy’s dit waarop jy fokus

•    F…FONDASIE:  Rom 1:16-17
•    I…INBOU:  Lukas 1:26-38
•    F…FIKSHEID:  Joh 21:15-19
•    A…AKSIE:  Hand 4:1-12

2.    Jou FONDASIE
•    Doelhok…fokus al die aktiwiteite op die sokkerveld
•    Die REELS om ‘n doel aan te teken is die FONDASIE van sokker….
•    Wat is jou geloofs FONDASIE?
•    Hoeveel doen jy wat net JY kan doen?

Ek skaam my nie oor die evangelie nie. Rom 1:2-6…die fondasie
Die EVANGELIE (GOD red deur CHRISTUS) is ‘n KRAG tot REDDING
Ons is van SONDE vrygespreek…omdat ons glo. As jy GLO sal jy LEWE
Rom 1:5…ons glo en leef uit GENADE. Die EVANGELIE (GOD red deur CHRISTUS) is ‘n KRAG tot REDDING.

Die DINAMO se krag…is dit jou krag?

Ons is van SONDE vrygespreek. Kan jy nou leef as mens wie se sonde vergewe is….let wel nie sonder

sonde nie…steeds afhanklik van die verhouding met GOD, maar VRY van sonde?
Jy moet GLO om te LEEF. Haal jy net asem of LEEF jy werklik geestelik? Waarvan LEEF jy…sjokelade en

kitskos…ook geestelik, of spog jy met ‘n behoorlike dieet? ‘n GESONDE dieet….’n oefenprogram met ‘n

gesonde fondasie! Glo jy in die dieetkundige…of betaal jy HOM net?

GENADE…’N VANGNET wat elkeen plaas by die vraag wat JY doen wat net JY kan doen met JOU GENADE

GAWES?
Sien jy die oomblikke en leef jy dit?

3.    INBOU

3.1 CHRISTUS se geboorte is kersvader se verjaarsdag…of vise versa?
Die DOELPALE en die SOKKERBAL…wat is die doelpale sonder die bal! Daar bestaan nie kersgeskenke sonder

Christus nie! Interne en eksterne motiveerders…Maria, en wat motiveer jou? Ons moet dink wat ons motiveer

en wat die werklikhede is waarop ons geloof gebou word.

3.2 God se tyd
GOD het ‘n baba se geboorte se tyd bepaal….maar Maria is nog ‘n maagd sonder ‘n man…as ons die storie

lees. Is God altyd op tyd…hoe sal jy nie weet as jy GOD nie tyd gun nie? Tyd vir boekevat…is daar nog so iets

en hoe lyk die interne oudit?


3.3 Jou tyd
Maria se tyd was reg…omdat GOD nie ‘n fout met tyd maak nie…
Is dinge op tyd en op koers in jou lewe…nie die horlosie se tyd nie, GOD se tyd?

3.4 Tyd saam met GOD
Hoe sou GOD ‘n kans kon kry om jou lewe te beinvloed? Die mense met wie jy tyd spandeer…spandeer hulle

tyd met die toeskouers of met die AFRIGTER, God self? Wat lees jy en waarna kyk jy in jou vrye tyd…Maria

het iemand besoek wat self ‘n wonderwerk rond dra…waarop jy fokus is dit wat jou gaan oorweldig?

3.5 ‘n HORLOSIE wat stilstaan
Ons is deel van ‘n heelal met geen horlosie en tyd nie…net GOD se tyd (geen horlosietyd) en jou tyd, die 24

uur een…loop die 2 wekkers saam? Maria se tyd is in GOD se hande. God se GEES sal die wonder doen…is daar

tyd vir GOD se GEES in jou lewe? Jou geskenk vir 2010 is wat? Wat sou jy geestelik wou vra?

4.    FIKSHEID
4.1 Vaardighied
Het jy CHRISTUS lief Petrus…so wat is jou passie? Balans…’n gemiddeld is nie goed genoeg nie, leef jou passie

Petrus! Verantwoordelikheid vs vaardigheid. Veralgemeen sukses…is daar so iets? Skuldig om te erken dat jy

nie alles kan nie…ontwikkel ander, gee geleenthede vir ander!

4.2 Guts
Volg MY word gevra! Kan jy raaksien as die skottelgoed vuil is…wat doen jy daaraan? Verander die

verkeerde…laat my skape wei…Dawid maak die leeu dood! Versigtig en nie bevrees nie…anders stagneer jy!

Sê nee as dit moet!
Wees realisties. Moenie ophou droom nie.

4.3 Onderskeiding
Het jy MY baie lief Petrus, word daar gevra? Ons moet leer kyk na realiteite deur JESUS se oë. Vertou GOD

veral in onseker tye. Onseker tye bevraagteken nie jou leierskap nie maar jou insig. Bou jou selfbeeld met

waardes. Die scoreboard van interne waardes en motiveerders is belangriker as die telbord van sukses. Nie dat

daar fout is met sukses nie maar as ons daarop fokus, is dit al wat oorbly en waarteen ons onsself meet.

4.4 ‘n Leerbare Gees
Dit verseker ek jou Petrus…JESUS aan die woord vir Petrus.‘n Leerbare Gees is veral in onseker tye

noodsaaklik, sodat ons kan optel wat geleer moet word.
Luister en leer is selfs in oorlewingstrategie en tegniek die basis. Jy oorleef deur te luister. Potensiaal vs

performance is nogal ‘n belangrike klem wat bepaal moet word..

4.5 Karakter
Maak altyd ‘n verskil. Jou identiteit Petrus? Karakter ontwikkel egter nie agv ‘n krisis nie, dit word geillustreer in

‘n krisis…Petrus moes dit ook leer…
Die moeite werd om te volg? Is maklik as jy fiks is, karakter toon, wil leer, kan onderskei, waagmoed het en

jou vaardighede gebruik en opskerp.
Gaan ons aansluit by die geestelike GYM?

5.    AKSIE
5.1. Balans
‘n Geballanseerde gemiddeld is soos ‘n lae klasgemiddeld? Nope, dis Petrus en Johannes die …geen

gemiddelde karakters die nie! Fokus op dit waarin net JY goed is!‘n Klasgemiddeld is te swak om jou effort te

meet. Ontdek jou plek in die skepping en samelweing!

5.2. Outoriteit, mag en vaardigheid
Vaardigheid…die afrigter vs die spelers…die dissipel is nie in die posisie van afrigter wees nie maar het die kans

om aksie te neem. Verantwoordelikheid vs gespesialliseerdheid…apostels is in die tronk maar die gelowiges

word 5 000, omdat die apostel dit is waarvoor hy geroep is en GOD vertrou om as afrigter te funksioneer en

die spelpatroon uit te dink!

5.3. Vaardigheid en geen “skill”
Is ons suksesvol in als? Jou voorliefde Petrus is dat jy reguit praat. Te veel selfvertroue, nee hy doen net dit

waarin hy goed is, praat reguit. Jack of all trades….nope, te ongeduldig reguit praater. Erken jou

tekortkominge Petrus en gebruik vir Johannes ook.Werk saam met ander.

5.4. Skuld
Skuldig om te deligeer en kanse vir ander te bied. Vermenigvuldig jouself en deligeer dit wat kanse bied vir

ander gelowiges. Afrigters, spelers, borge, media en ek in die koninkryk…waaroor voel jy skuldig, behalwe om

dit te doen waarvoor jy deel uitmaak van die span? PLAYER 23 se rol?

5.5. Gee die stokkie aan
Petrus…vol van die HEILIGE GEES…Selfs JESUS gee die opdrag aan!
Kies self na wie jy luister…GOD of die mense. Waar gaan jy jou buiging maak…as PLAYER 23…kommentaar

van die kant af sonder deelname?

Hoogtepunt Skakels

Maandelikse Studiestuk

Gemeente Projekte

Gebedskolom