Studiestukke

Vrydag, 08 April 2011 00:00

Genade

Written by Ds Jan Heenop

INLEIDEND
Die woord genade is ‘n term wat met min ander woorde vervang kan word in ons alledaagse lewe.  ‘n Lewenswyse wat van genade getuig word moeilik met iets anders vergelyk.  Die media sukkel om genade as werklikheid in die samelewing te illustreer as ‘n kwaliteit wat goed is vir mense.  Dis dalk omdat die woord iets omsluit wat nie koopbaar is nie.  Genade is dalk die eienskap van God wat ons as mense die nodigste het om mekaar te aanvaar.  Genade is God se liefde in aksie.  Dit bring passie, motiveer en gee visie.  Hierdie maand is die maand vir genade, kom ons speel in God se genadetuin…gee jouself tyd!

STORIES VAN GENADE
Op die kruis, het Jesus se houding iets uitgeskree wat die een verlorene laat vra het of Hy, Jesus aan hom sou dink….Jesus belowe hom hy sal saam met Hom in die paradys wees…reeds die dag!  Bykans al die verhale van Jesus in ons Bybel getuig van iets in Jesus wat mense na hom toe getrek het.  As jy in genade leef dan voel mense so oor jou!

GENADIGE WOORD ONDERSOEK
Hoe groot is jou God, hoe vriendelik die wêreld en hoe vry maak jou lewenswyse jouself.  Kom ons loer bietjie wat Sy woord ons werklik leer van genade.

VRAE
Waaroor gaan genade?
Lees gerus die volgende teksgedeeltes saam:  1 Joh 4:8 – 16 en Joh 3:16.
Is genade die resultaat van ‘n dankbare lewe of die vrug van wat Christus is?
Wat beteken Rom 5: 6 - 11?

SAMEVATTEND
Daar is ‘n paar dinge wat ons van genade moet verstaan.  Die Engelse liedjie “Amazing Grace” vertel die verhaal van iemand wat besef wat dit is om gered te wees.  Dis ‘n gratis geskenk, riskant om te aanvaar, maar ook onverdiend.  Dis die verhaal van die verlore seun en dit op sigself is baie moeilik om te aanvaar dat jy nie net jouself nie, maar ander ook só moet aanvaar soos wat God jou aanvaar.

Hoogtepunt Skakels

Maandelikse Studiestuk

Gemeente Projekte

Gebedskolom