Sondag, 8 Desember 2019
15 Pastoriestraat
Stilbaai
Wes-Kaap
6674
Suid-Afrika
Tel: +27 (28) 754-1705
Fax: +27 (28) 754-2827
Kontak Vorm (kliek hier)
Op Stilbaai woon twee groepe mense: Dié wat hier gebore is en dié wat die dorp “ontdek” het tydens ‘n vakansie op Stilbaai.
Talle besoekers het op die dorpie verlief geraak vanweë sy skoonheid en rustigheid.
Die Goukourivier verdeel die dorp in twee. Die brug oor die rivier is gedurende 1955 voltooi, wat die gevolg gehad het dat die dorp ook aan die westekant ontwikkel het.
Die hoofstrand het al verskeie kere Blouvlagstatus ontvang vanweë sy letterlik- en figuurlike skoonheid.
Hier is volop oornagfasiliteite in die vorm van gastehuise en vakansiewoonstelle. Maak egter seker dat u betyds bespreek wanneer u wil besoek aangesien letterlik duisende besoekers veral oor Desember maand hier geakkommodeer word.